Ai, die dae van die 7 single en Springbok Hits … en as jou kleinboetie jou
‘Pretty Belinda’ 7 single in die son laat le het, en hy treksy ruggie krom sodat die naald soos ‘n wafferse kalfryer bokspring oor die wobbles… dan was daar moeilikgeit…
Maar soos daar in elke slegte situasie iets goeds te lere is, het die volgende SLIM en effektiewe tegniek hier sy naam gekry. Dit werk so:
As jy iemand iets moet tuisbring-soos ‘n kind wat ‘n opdrag moet uitvoer, jy jou man/vrou moet staan in ‘n teen-argument of ‘n argument wil wen-werk met nie meer as 3 stellings nie, gebruik kort kragtig sinne, praat normaal of selfs sag, maak oogkontak… en herhaal (soos ‘n springende plaat) die stelling (s). Moet nie afwyk van jou stelling nie, hou jou humeur, en moenie verlei word om ou koeie (of nuwes) te gaan opgrawe nie.
Bv. jou kind kom ‘n halfuur na haar inkomtyd in gestap. Jou 3 stellings kan wees: ons het ooreengekom dat jy 10:00 sal tuis wees; dit is belangrik dat jou woord jou eer is; ek is/word bekommerd as jy laat is.
Deur te raas en oorreageer; gaan sy moontlik net skrik. Maar deur jou kommer en die onderliggende waarde van betroubaarheid te onderstreep en dit herhalend en op ‘n gewone stemtoon te se-sal jou kind LUISTER. Natuurlik sal sy verskonings he, selfs rebelleer (“ander kinders …”) maar dmv die ‘broken record’ tegniek sal jy bly fokus op die huidige probleem, die probleem tussen julle en die gevolge haar dade -hierdie manier lei moontlik dalk tot groei en begrip. Natuurlik beteken jou gefokusde kalmte nie dat ‘n kind nie gestraf moet word nie-inteendeel, kwaliteit- en ouderdomgepaste straf is belangrik om ‘n verantwoordelikheidsin by kinders te kweek.
Ek het al male sonder tal gesien hoe ‘n weerbarstige kind teen die derde herhaling van: ‘ek was bekommerd oor jou’ verkrummel en se dat sy jammer is. ‘n Baie beter posisie om julle verhouding te laat groei hiervandaan, as ‘n skreeugeveg en beledigings wat ewig in die huis en harte bly hang …
en die tegniek werk met grootmense ook!
[...] Planne met dissipline! Posted by: Kids in SA | July 24, 2007 [...]
By: THE EPIDEMIC - 15 ways to RUIN your child and your life « Kinders / Kids in SA on Julie 10, 2008
at 7:23 nm